Wynfles versierings - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Wynfles versierings

Projects > 2014

Ons sal elke maand 'n stap-vir-stap projek publiseer - 'n projek in Afrikaans en 'n projek in Engels.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


Oktober projek:  Wynfles versiering

BENODIGDHEDE:

  • 250ml swart Tokreen

  • 250ml "clear" Tokreen

  • 1 x bottel/wynfles  

  • Materiaal   

  • Hessian  

  • Glad wrap

  • Metaalverf: koper, brons en silwer

  • Toiletpapier

  • Versiersels


METODE:

  • Bedek jou bottel met glad wrap. So voorkom jy dat die materiaal vasplak op die bottel.

  • Knip 'n strook materiaal groot genoeg dat dit 2 x om die bottel kan vou.

  • Doop die materiaal in swart Tokreen.

  • Draai dit 1 of 2 maal om die bottel. Kyk na die foto-voorbeeld.   

  • Druk die materiaal stewig vas waar dit kruis, laat droog word.  Jy kan 'n strokie plastiek (sommer geknip uit 'n plastieksak) gebruik om die materiaal in posisie te hou.

  • Versier dit net soos jy wil.

  • Laat droog word.

  • Verf die materiaal en versiersels na eie smaak.

  • Jy kan die uitgeharde versiering nou van die bottel afhaal en keer op keer gebruik.

  • Ons sal al die foto's ook plaats by Gallery >> Our creations



 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu