Voël "Angry Birds" - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Voël "Angry Birds"

Projects > 2016
Ons sal elke maand 'n stap-vir-stap projek probeer te publiseer.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


Mei projek:  Voël "Angry" Birds



BENODIGDHEDE:

  • 200ml swart / wit Tokreen

  • 100ml clear Tokreen

  • Leë (wyn) bottel

  • Sand

  • Stukkies hessian, materiaal, toiletpaper, dun tou, dik tou, uitgepluis ens.

  • Polistireen bal vir die kop

  • Sade, vere vir versiering

  • Knope of krale om die oë van te maak

  • Metaalverwe: goud, koper, brons, silwer

  • Geel, wit en bruin "craft paints"


METODE:

  • Vul die bottel met 'n bietjie sand.
  • Verf die bottel met swart of wit Tokreen en bedek die bottel met hessian, materiaal, geriffelde karton of enige ander materiaal met 'n interessante tekstuur. Tou werk ook mooi, veral as dit 'n bietjie uitgerafel is. Verf alles met 'n laag Tokreen en laat droog word.
  • Week 'n stuk materiaal in Tokreen en bedek die polistireen bal. Laat droog word.
  • Plak die bal op die bottel met Tokreen.

  • Versier die bottel en kop met enige iets van jou smaak, soos jy dink die voël moet lyk.

  • Gebruik die metaalverwe (van jou eie keuse) om die voël te versier.



 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu