Vase - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Vase

Projects > 2017

Ons sal elke maand 'n stap-vir-stap projek probeer te publiseer.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


Februarie projek: Vase

BENODIGDHEDE:

  • Swart Tokreen

  • "Clear" Tokreen

  • Tapytrol, koker of PVC pype

  • Materiaal om koker mee te bedek

  • Materiaal/hessian om die onderkant van die basis te bedek   

  • Tou

  • Toiletpapier

  • 'n Houtskinkbord of 'n vierkantige/ronde houtplank. ('n Ou koekblikdeksel of verfdeksel kan ook werk)    

  • Versierings soos blomme, skulpe, ens

  • Metaalverwe: goud, brons en silwer

  • Akrielverf (opsioneel)


METODE:

  • Saag die kokers skuins deur op verskillende lengtes. Op foto 1 is te sien hoe ons dit gesaag het.

  • Die lengte van die kokers wat ons gebruik het, is 55cm, 42cm en 36cm op hulle hoogste punt.

  • Sny die materiaal op maat om die kokers mee oor te trek. Onthou om die hoogste punt te gebruik om die materiaal af te meet.             

  • Verf die kokers aan de binne- en buitekant met swart Tokreen en laat droog word.

  • Verf die onderkant van die deksel/skinkbord/houtplant. Terwyl die verf nog nat is, plak die materiaal of hessian op onderkant en verf vas met Tokreen. Laat droog word.  

  • Verf die kokers met n tweede laag Tokreen. Terwyl die verf nog nat is, plak die materiaal op die koker en verf verder vas met Tokreen. Sorg dat die nate mooi aansluit of net effens oor mekaar plak. Laat effens droog word.

  • Verf die bokant van die deksel/skinkbord/houtplant. Ons het stukkies geskeurde toiletpapier op die bokant geplak om sodoende 'n bietjie van 'n relief te maak. Laat effens droog word.

  • Sny die stukkies materiaal wat te lank is aan die bokant van die kokers netjies weg.

  • Maak 'n pasta van toiletpapierrepies en Tokreen in 'n bakkie. Smeer die onderkant van elke koker en die plek waar die koker op die skinkbord gemonteer gaan word dik in met die pastalaag. Druk goed vas.

  • Doop die tou in Tokreen. Gebruik die tou om die rande van die kokers mee af te werk en versier die kokers vertikaal met die tou. Vir ekstra stewigheid het ons die tou lank genoeg gemaak om aan die onderkant een maal om die koker te gaan. Plak goed vas met extra veel Tokreen. Op die manier help die tou om die koker ekstra stewig vas te maak op die skinkbord en werk dit die onderkant ook netjies af.

  • Wanneer die kokers gemonteer is, gebruik tou en versierings van jou keuse om die bokant van die skinkbord en die kokers verder te versier. Plak alles goed vas met 'n dik laag Tokreen of met die Tokreen-toiletpapier pasta. Ons het aan die voorkant nog 'n klein bakkie gemonteer waarin 'n kers pas.

  • Laat alles goed droog word.

  • Verf met akrielverf en metaalverwe.

  • Die "vase" is ideaal vir droë blomrangskikkings.           



 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu