Stillewe Vase - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Stillewe Vase

Projects > 2015

Ons probeer om elke maand 'n stap-vir-stap projek te publiseer.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


September projek:  Stillewe Vase

BENODIGDHEDE:

  • Wit Tokreen

  • Clear Tokreen

  • Metaalverwe, goud, koper, brons, silwer

  • Akrielverwe, kleur van jou keuse

  • 1x hout plank

  • Materiaal, T-shirt & hessian

  • Toiletpapier

  • Versiersels: Droë sade, blare, blomme, of enig ander iets

  • 2 mooi flesse


METODE:

  • Verf die hout plank met Wit Tokreen en frommel die toiletpapier hierin. geen nog 'n laag. Laat goed droog word.

  • Maak 'n mengsel van toiletpapier en onverdunde Tokreen, (dik pasta) en gebruik dit om die mooi flesse vast te maak op jou hout plank. Werk netjes sodat hulle skoon bly.

  • Verdun die Tokreen met 'n bietjie water en druk die materiaal daarin. Deurweek en droog dan goed uit. Plaats die materiaal op die hout plank en oor die vase net soos jy wil. Frommel fyn plooitjies in die materiaal. Verf onverdunde Tokreen bo-oor die materiaal en laat goed droog word.

  • Versier naar jou keuse, ons het 'n mengsel gemaak van toiletpapier en onverdunde Tokreen, (dik pasta) en dit gebruik om die blomme en blare bo-op die materiaal vas te plak. Laat goed droog word.

  • Gebruik die (metaal)verwe om die materiaal, sade, blare en of blomme te verf in die kleure van jou keuse.

  • wend een laag Clear Tokreen oor die hele artikel aan en laat droog word.

 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu