Spieeltjie aan die wand - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Spieeltjie aan die wand

Projects > 2014

Ons sal elke maand 'n stap-vir-stap projek publiseer - 'n projek in Afrikaans en 'n projek in Engels.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


Mei projek:
Spieëltjie aan die wand


BENODIGDHEDE:

  • 500 ml Tokreen

  • 1 x spieël in enige vorm

  • 1 x "hard board" in dieselfde vorm as die spieël, maar 4 cm groter aan alle kante

  • Ondervilt van tapyt (hessian, t-hempmateriaal of kantgordyn kan ook gebruik word)

  • Houtskaafsels

  • 4 x hout gordynringe (ø6 cm)

  • Metaalverwe:  brons, goud, koper en silwer

  • "Clear lacquer spray"



METODE:

  • Trek die vorm van die spieël af op die "hard board", maar laat ‘n rand van ongeveer 4 cm rondom die spieël toe.  Saag uit.  Die "hard board" word die spieëlraam.

  • Verf die hele spieëlraam met ‘n laag Tokreen en laat droog word.

  • Wend Tokreen dik aan op die agterkant kant van die spieël en ook op die plek waar die spieël op die spieëlraam geplak moet word.  Druk die spieël stewig vas en laat droog word.

  • Sny ‘n lang strook ondervilt (hessian, t-hempmateriaal, gordynmateriaal) van ongeveer 4 cm breed.  Die strook moet lank genoeg wees om een en ‘n half keer om die spieël te gaan.  

  • Verdun 300 ml Tokreen met 150 ml water in ‘n plastiese bak en meng goed.  Doop die strook in die verdunde Tokreen en deurweek goed.  Droog effens uit.

  • Draai die strook ondervilt totdat dit soos ‘n losserige spiraal lyk



Versier:
 

  • Wend ‘n dik laag Tokreen aan op die spieëlraam.  Trek die ondervilt spiraal deur die houtringe (sien foto) en druk stewig op die raamgedeelte vas.

  • Gebruik ekstra Tokreen waar nodig om die houtringe vas te plak.  

  • Plak houtskaafsels vas op alle dele van die raam wat nog uitsteek – ook onder die spiraal.  Laat droog word.

  • Verf die hele projek met ‘n laag onverdunde Tokreen en laat goed droog word.  Neem kennis dat ondervilt langer neem om droog te word as ander materiale.

  • Met ‘n droë kwas wend die koper, silwer, brons en goudkleurige metaalverwe aan soos op die foto

  • Maak die spieël toe met koerantpapier en gee die raarn ‘n laag "clear lacquer spray"

  • Maak die spieël  skoon en sie daar – jou eie spieëlraam!




 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu