Skoen-potloodhouer - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Skoen-potloodhouer

Projects > 2014

Ons sal elke maand 'n stap-vir-stap projek publiseer - 'n projek in Afrikaans en 'n projek in Engels.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


Augustus projek:  Skoen-Potloodhouer

BENODIGDHEDE:

  • 500ml swart Tokreen  

  • 1 ou skoen   

  • T-hemp repe   

  • 1 gholfbal   

  • 1 houtblok (17cm x 18cm x 5cm)

  • 2 x 3cm spykers  

  • Groen patina    

  • Goue metaal akrielverf  

  • Swart vilt (17cm x18 cm)  


METODE:

  • Die toepassingsmoontlikhede van Tokreen is eindeloos en met hierdie werkstuk kan jy nuwe lewe te gee aan ‘n weggooi-skoen.      

  • Verf die skoen aan die binne- en buitekant met Tokreen en laat droog word.    

  • Verf die houtblok met Tokreen. Smeer ‘n dik laag Tokreen bo-op die houtblok en aan die onderkant van die skoen en plak die skoen in ‘n gewenste posisie vas.  

  • Slaan die skoen aan die houtblok vas met 2 spykers – 1 aan die voorkant en 1 aan die agterkant van die skoen.

  • Plak addisionele voorwerpe soos balle, albasters, karretjies, houertjies, skoenveters, ens. vas.

  • Giet ‘n klein hoeveelheid Tokreen in ‘n plastiese bak en doop die t-hemp repe in Tokreen.  Drapeer dit oor die houtblok en om die vasgeplakte voorwerpe. Jy kan ook hessian, sykouse of toiletpapier gebruik om die houtblokkie mee te bedek.  

  • Verf die hele werkstuk met ‘n dik laag Tokreen en laat droog.

  • Verf die hele werkstuk met groen patina en gebruik dan ‘n semi-droë kwas om goue ligstrepe te verf op al die uitstaande gedeeltes van die skoen.

  • Rond die werkstuk af deur dit met spuitvernis te sprei en swart vilt aan die onderkant van die houtblok vas te plak met houtlym.



 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu