Muurbehangsel - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Muurbehangsel

Projects > 2015

Ons sal elke maand 'n stap-vir-stap projek publiseer.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


Juli projek:  Muurbehangsel

BENODIGDHEDE:

  • Swart Tokreen

  • Clear Tokreen

  • Metaalverwe, goud, koper, brons, silwer

  • Akrielverwe, kleur van jou keuse

  • 1x ronde houer, 75 cm deursneë

  • Materiaal, T-shirt & hessian

  • Versiersels: Droë sade, blare

  • 5 groot syblomme


METODE:

  • Verf die ronde houer bo en onder met Tokreen. Laat droog word.

  • Verf die groot syblomme, sade en blare met Tokreen en laat droog word.

  • Verdun die Tokreen met 'n bietjie water en druk die materiaal daarin. Deurweek en droog dan goed uit. Druk die materiaal stewig in die ronde houer vas. Frommel fyn plooitjies in die materiaal. Verf onverdunde Tokreen bo-oor die materiaal en laat goed droog word.

  • Maa'k 'n mengsel van toiletpapier en onverdunde Tokreen, (dik pasta) en gebruik dit om die blomme en blare bo-op die materiaal vas te plak. Rafel van die hessian uit en plak dit bo-oor die stingels en stele. Laat goed droog word.

  • Wend 'n 2e laag onverdunde Tokreen oor die hele artikel aan en laat goed droog word.

  • Wenk: Klippies kan bo-op die stele en blare gesit word om dit stewiger te laat plak. Verwyder die klippies vor hulle ook vast geplak sit!!

  • Gebruik die metaalverwe om die houer , materiaal , sade en blare te verf.

  • Verf die blomme in die kleur van jou keuse.

  • Laat alles goed doog word.

  • wend een laag Clear Tokreen oor die hele artikel aan en laat droog word.

 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu