Moderne oudhede - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Moderne oudhede

Projects > 2014

Ons sal elke maand 'n stap-vir-stap projek publiseer - 'n projek in Afrikaans en 'n projek in Engels.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


Januarie projek:  Moderne oudhede

BENODIGDHEDE:
500 ml Tokreen
1 x ou erde wasbeker
1 x ou kamerpotjie
Hessian
Versierings bv. skulpe, syblomme, tou
Akrielverwe
Metaalverwe:  koper, silwer, brons en goud
"Clear lacquer spray"

METODE:

  • Verf die wasbeker en potjie aan die buite- en binnekant met Tokreen.  Laat goed droog word.

  • Rafel die hessian uit sodat jy genoeg rafels het om die beker en potjie te bedek.

Potjie

  • Verf ‘n tweede laag Tokreen aan die buitekant van die potjie en plak die hessianrafels rondom vas.

  • Verf syblomme met Tokreen en gebruik saam met die hessianrafels om die potjie te versier.  Laat goed droog word.

Beker

  • Verf ‘n tweede laag Tokreen aan die buitekant van die wasbeker en plak hessianrafels rondom vas, maar laat ‘n spasie van ongeveer 6 cm aan die onderkant van die wasbeker oop.  Sny ‘n lang reep hessian uit wat om die beker pas en rafel die kante uit.  Plak dit op die oop spasie onder aan die wasbeker vas.

  • Verf die syblomme met Tokreen en plak dit op die wasbeker vas.  Laat droog word.

  • Laat die beker plat lê, verf die skulpies met Tokreen en plak op die hessianreep, onder op die beker vas.  Laat droog word.

  • Gee beide projekte nog ‘n laag Tokreen en laat droog word.

  • Verf die twee artikels met jou keuse PVA akrielverf en bring die ligpunte aan met die metaalverwe.

  • Voltooi die projek deur die artikels met ‘n laag "clear lacquer spray" te sprei.

  • Gooi potpourri in die potjie en plaas in jou badkamer.  

Wenk
Gebruik swart Tokreen om die artikels mee te maak en verf dan slegs die "highlights" met metaalverwe.  So spaar jy  akrielverf.  

 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu