Lepelhouer - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Lepelhouer

Projects > 2014

Ons sal elke maand 'n stap-vir-stap projek publiseer - 'n projek in Afrikaans en 'n projek in Engels.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


Julie projek: Lepelhouer

BENODIGDHEDE:

  • 175 ml swart Tokreen

  • 1 x ou vaas

  • Toiletpapier

  • Versierings

  • Tou

  • Metaalverf:  koper, brons en goud


METODE:

  • Hierdie projek is ideaal vir almal wat ou blomvase het en dit 'n nuwe lewe wil gee.

  • Kies 'n vaas met 'n mooi vorm, maak skoon en skuur liggies met skuurpapier om die oppervlak grof te kry.

  • Verf die binne- en buitekant met Tokreen en laat droog word.

  • Skeur die toiletpapier in repe en plak vas met Tokreen. Bedek die hele vaas op die manier. Dit maak nie saak as die toiletrepe oor mekaar gaan nie, dit gee juis reliëf. Jy kan ook servette of materiaal soos sykouse gebruik vir 'n mooi effek.

  • Laat droog word.


Versier:  

  • Verf alle versierings wat jy wil gebruik, eers met 'n laag Tokreen.

  • Jy kan ook die versierings aan mekaar plak of bewerk voordat jy dit op die vaas plak.

  • Ons het die tou eers in Tokreen gedoop, daarna opgerol op 'n stukkie karton, die punt uitgerafel en so laat droog word.  Daarna kan jy 'n getokreende roos of blom op die tou plak.

  • Plak die versierings op die vaas deur 'n blop Tokreen te gebruik. 'n Ander tegniek is om 'n "pappie" te maak met geskeurde toiletpapier stukkies en Tokreen en dit te gebruik om mee te plak.       

  • Verf die hele werkstuk nog ‘n keer met Tokreen en laat droog.

  • Verf die vaas met koper metaalverf en gebruik goud om die ligstrepe aan te bring.  Gebruik die foto as voorbeeld om die werkstuk klaar te verf.

  • Rond die werkstuk af deur dit met spuitvernis te sprei wanneer alles droog is en plak ten slotte die vilt onderaan die vaas.

  • En siedaar 'n ou vaas omgetower om al jou houtlepels en vurke in te bere.

 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu