Kop in raam - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Kop in raam

Projects > 2014

Ons sal elke maand 'n stap-vir-stap projek publiseer - 'n projek in Afrikaans en 'n projek in Engels.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


Junie projek:
Kop in raam

BENODIGDHEDE:

  • 750 ml Tokreen

  • 1 houtraam met kartonplank (hard-board) agterkant   (75 cm x 45 cm x 3 cm)

  • 1 polystyrene vroue hoof (wig head)

  • 1 x t-hemp in repe en stukke gesny

  • Kant

  • Krale, skulpe of akkerdoppies

  • Toiletpapier

  • Akrielverf:  swart

  • Metaalverf:  koper, brons en silwer

  • Swart vilt (75 cm x 45 cm)      

  • Spuitvernis (clear lacquer spray)

  • Houtlym



METODE:

  • Hierdie werkstuk is absoluut ideaal om verskillende teksture en materiale te kombineer.  

  • Gebruik dus jou eie fantasie en kreatiwiteit om jou kop te laat gaan.       

  • Alhoewel ons ‘n ou houtraam gebruik het vir hierdie werkstuk, kan jy natuurlik ook self ‘n raam aanmekaar timmer.  

  • Verf die houtraam en kartonplank met ‘n laag Tokreen en laat droog.

  • Wanneer die gelaatstrekke van die polystyrene hoof nie duidelik genoeg gedefinieer is nie, gebruik ‘n  balpuntpen om die oë, wenkbroue, neusvleuels en neusgate te definieer en die lippe voller te maak.  Dit kan gedoen word deur klein gaatjies met die pen se punt te druk.

  • Gebruik ‘n verwarmde stuk draad en sny die kop middeldeur.  Hoe warmer die draad, hoe makliker en vinniger die snywerk.  Alhoewel net die gesigshelfte van die hoof gebruik word is dit raadsaam om die agterste deel vir latere werkstukke te bêre.

  • Verf die hele hoof met twee lae Tokreen en laat droog tussen elke laag

  • Besluit waar die hoof gemonteer moet word in jou raam.  Smeer ‘n dik laag Tokreen op die juiste plek en op die die agterkant van die hoof en druk vas.


Versier:
 

  • Giet ongeveer 500 ml Tokreen in ‘n plastiese skottel en verdun met ‘n bietjie water. Skeur stukkies toiletpapier in repe en dompel dit in die Tokreen.  Gebruik die toiletpapier om hare rondom die gesig aan te bring.

  • Dompel die t-hemp stukke, t-hemp repe en kant in die Tokreen.  Druk die oortollige vloeistof uit die materiaal en drapeer dit om die gesig in die raam.  

  • Gebruik krale, akkerdoppies, skulpe, ens. vir versiering rondom die nekgedeelte.

  • Verf die hele werkstuk nog ‘n keer met Tokreen en laat droog.

  • Verf die raam met koper metaal akrielverf en gebruik goud en silwer om die ligstrepe aan te bring.  Gebruik die foto as voorbeeld om die werkstuk klaar te verf.

  • Rond die werkstuk af deur dit met spuitvernis te sprei wanneer alles droog is en plak ten slotte die vilt onderaan die houtraam vas met houtlym.

 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu