Hekelbakkie - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Hekelbakkie

Projects > 2014

Ons sal elke maand 'n stap-vir-stap projek publiseer.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


November projek:  Hekelbakkies

BENODIGDHEDE:

  • 200ml deurskynende Tokreen

  • "Glad wrap"

  • Gehekelde lappies

  • Glasbakke - verskillende groottes en vorms


METODE:

  • Gebruik 'n bak van jou keuse en trek oor met "glad wrap".

  • Druk dit stewig vas en verwyder alle lugblasies.

  • Gooi genoeg deurskynende Tokreen in 'n bakkie en week die gehekelde lappie/s in die Tokreen.

  • Druk goed uit.   

  • Drapeer die gehekelde lappie oor die bak, druk stewig vas en vryf mooi uit om die vorm aan te neem.

  • Laat effens droog word en bring daarna nog 2 x lae Tokreen aan.  Laat droog word tussen elke laag.  

  • Maak die lappie versigtig los van die bak wanneer droog. Die "glad wrap" help dat die lapie maklik loskom van die bak.

  • Verf die binnekant van die hekelbakkie met 2 x lae Tokreen. Laat droog word tussen elke laag.

  • Gebruik n stopnaald of sosatie stokkie om die gaatjies wat toe is, oop te maak.

  • Versier die hekelbakkie met linte, materiaalblomme, ens.  Jy kan ook kies om alle versierings met deurskynende Tokreen te behandel.

  • Die hekelbakkie is stewig, waterdig en gereed om te gebruik.



 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu