Emmer-draer - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Emmer-draer

Projects > 2014

Ons sal elke maand 'n stap-vir-stap projek publiseer - 'n projek in Afrikaans en 'n projek in Engels.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


Februarie projek:  Emmer-draer

BENODIGDHEDE:
750 ml swart of wit Tokreen
1 x houtblok
1 x polystyrene kop (Wighead)
1 x emmertjie/blik
T-hemp materiaal/hessian
Ou sykouse
Tou of dik wol
Krale vir oorbelle (opsioneel)   
Versierings bv. skulpe, syblomme, tou
Metaalverwe: koper, brons en silwer

METODE:

  • Gebruik swart (foto 1) of wit (foto 2) Tokreen vir hierdie projek.

  • Verf die kop, emmertjie en houtblok met ‘n laag Tokreen en laat droog word.

  • Plak die kop op die houtblok vas met Tokreen en gee die kop en houtblok nog ‘n laag Tokreen.  Laat droog word.

  • Verdun 250 ml Tokreen met water en meng goed.  Druk die t-hemp materiaal of sykouse in die mengsel , deurweek goed en droog liggies uit.

  • Verf die emmertjie aan die buitekant met Tokreen en plak die t-hemp materiaal of sykouse vas op die emmertjie.  Frommel die materiaal terwyl jy dit vasplak.  Laat droog word.  Versier verder na eie keuse deur versierings met Tokreen te verf en vas te plak.

  • Plak die tou/wol op die kop vas met Tokreen om hare te vorm of drapeer hessian of t-hemp materiaal om die kop (sien fotos).  

  • Verf die hele projek met ‘n laag Tokreen en laat droog word.

  • Plak ‘n stuk tou in konsentriese sirkels op die kop vas met Tokreen.  Dit vorm die basis waarop die emmertjie/blik vasgeplak word.   Smeer ‘n dik laag Tokreen aan die onderkant van die emmertjie/blik en ook bo-op tou.  Druk dan die emmertjie stewig op die kop vas en laat droog word.

  • Drapeer hessian of t-hemp materiaal wat in verdunde Tokreen gedoop is op die houtblokkie en om die nek van die kop.  Plak vas met Tokreen.

  • Gee die hele projek nog ‘n laag Tokreen en laat droog word.

  • Gebruik die metaalverwe om die ligpunte ("highlights") uit te bring.  Wend dit spaarsaamlik aan met ‘n droë kwassie.

  • Gebruik ‘n sagte lappie wat in koper/brons metaalverf gedruk is om die gesig ‘n sagte brons/koper kleur te gee deur liggies oor die gesig te vryf.   Verf die gesig verder soos op die eerste foto.

  • Sprei die projek met ‘n laag "clear lacquer spray" om mee af te rond.


 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu