Denim - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Denim

Projects > 2014

Ons sal elke maand 'n stap-vir-stap projek publiseer - 'n projek in Afrikaans en 'n projek in Engels.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


April projek: Denim      

BENODIGDHEDE:

  • 2 liter Tokreen  

  • 1 x houtblok (30 x 30 x 30 cm)

  • 1 x 36cm houtplankie (omtrek = 4 x 4 x 4 x 4 cm)

  • 1 x 24cm houtplankie (omtrek = 4 x 4 x 4 x 4 cm)

  • 1 x paar ou skoene of tekkies

  • Ou denim langbroek

  • Hessian, spykers en skroewe, platiese sakkies

  • Akrielverf:  blou, groen & bruin

  • Metaalverf:  silwer

  • Tokreen Clear


METODE:

  • Skroef die twee houtplanke aanmekaar vas om ‘n T te vorm.  

  • Skroef dan die T-vormige houtplanke vas op die vierkantige houtblok.  

  • Verf alles met ‘n lagie Tokreen.

  • Verdun ‘n klein bietjie Tokreen met water (2 : 1) in ‘n plastiese bak en meng goed.

  • Sny ‘n stuk hessian en doop in die Tokreenmengsel. Droog liggies uit. Verf ‘n laag Tokreen op die vierkantige houtblok en plak die hessian daarop vas.

  • Wend ‘n dik laag Tokreen aan die onderkant van die skoene en plak vas op die houtblok. Laat droog word.

  • Verf die skoene met 3 lae Tokreen aan die binnekant en buitekant. Laat droog word na elke laag Tokreen.


DENIM:  

  • Verdun 1,5 liter Tokreen met 750 ml water en meng goed.  Druk die denim in die mengsel , deurweek goed en droog liggies uit.  

  • Stop die broekspype op met plastiese sakkies en gebruik dit om die broek te vorm.

  • Laat die denimbroekie sit op die T-vormige  houtstoeltjie en slaan die sitvlak van die broekie op die  bogedeelte van die houtstoeltjie vas.

  • Wend ‘n laag Tokreen aan op die skoene se boonste dele en plak die some van die broekspype vas op die skoene.

  • Stop nou die boonste gedeelte van die broekie op.

  • Verf vier lae Tokreen oor die hele projek en laat na elke laag eers goed droog word.

  • Die plastiese sakkies kan uitgehaal of ingelaat word.

  • Verf die denimbroekie blou, skoene swart of bruin en die hessian groen.  Gebruik silwer metaalverf om die ligpunte ("highlights") te verf.

  • Verf die hele artikel met Tokreen Clear.

Hoe meer lae Tokreen, hoe harder die artikel.

 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu