Bosveldbuffel - Tokreen

Search
Go to content

Main menu:

Bosveldbuffel

Projects > 2015

Ons sal elke maand 'n stap-vir-stap projek publiseer.
Ons hoop dat die projekte mense sal inspireer om met Tokreen te eksperimenteer.  


Januarie projek:  Bosveldbuffel

BENODIGDHEDE:

  • 500ml swart Tokreen

  • 100ml clear Tokreen

  • Ketting, 4 kroingare, takkies sonder blare

  • Stukkies hessian, ou raam, kleinerige klipies

  • Gipsbeeld - Buffel

  • Metaalverwe, goud, koper, brons, silwer

  • Behandelde, ronde pale, spykers, plaat superwood" 3 mm dik vir die agtergrond van die groter raam

  • Geel, wit en bruin "craft paints"


METODE:

  • Verf die ou raam voor en agter met die swart Tokreen. Laat droog word.

  • Verf die gipsbeeld-Buffel met swart Tokreen.

  • Maak 'n mengsel van toiletpapier en Tokreen-papperig- en smeer dit agter op die gipsbeeld en plak vas op die raam.

  • Laat 'n spasie onderaan die gipsbeeld en plak van dieklippies onder die Buffel vas met dieselfde Tokreen mengsel.

  • Sny stukkies hessian en plak op en binne-in die raam vas met Tokreen, Verf ook Tokreen bo-oor die hessianstukkies.

  • Verf die grassade en takkies met Tokreen en plak langs die bffel en op die linker- en regterkantse hoek van die raam vas.

  • Gee die hele projek 'n laag Tokreen en laat droog word.

  • Maak van die ronde, behandelde pale 'n groter raam. so 5-6 cm groter als jou 1ste raam.

  • Slaan die "superwood" agter die raam vas en verf die hele raam met die swart Tokreen.

  • Plak die kleiner raam binne-in die groter raam vas met 'n dik laag toiletpapier-Tokreen mengsel. Laat goed droog word!

  • Verf die kettings en plak vas op die groter raam. Wend Tokreen dik aan onder die kettings.

  • Meng 'n bietje swart Tokreen met die wit en gebruik dit om die Buffel en die klippies te verf.

  • Gebruik die metaalverwe om kolletjiesop die raam te druk met die agterkant van 'n potlood,

  • Gebruik grys om die hessianstukkies te verf, omlyn dit dan met silwer metaalverf.

  • Verf die koringare en takkies geel met hier en daar bruin.

  • Verf die agtergrond met sagte geel en effens grys.

  • Verf die houtpale ,et die brons metaalverf en die kettings met silwer metaalverf.

  • Los die deel tussen die 2 rame swart.

  • Jy kan ook jou eie kleure kies!



 
Copyright 2015. All rights reserved.
Back to content | Back to main menu